Taalnorme En Die Toepassing Daarvan;; N Bespreking

1674 Words7 Pages
deur deur Paula-Ann Smit 18249876 Afrikaans en Nederlands 178 Paula-Ann Smit 18249876 Afrikaans en Nederlands 178 Taalnorme en die toepassing daarvan; ʼn ondersoekende bespreking Taalnorme en die toepassing daarvan; ʼn ondersoekende bespreking Carstens definieer taalgebruik as die manier waarop ʼn taalgebruiker daagliks met taal verhandel, en die taalnorme wat die gebruiker toepas in seker sosiale omstandighede. Hy ondersteun sy stelling deur die voorbeeld te maak dat daar meer as een aanspreekvorm is, en dat die gebruik van u, jy, Meneer of Mevrou, afhang van die sosiale situasie en norme (1991:6). Addisioneel daartoe, noem du Plessis ook dat hierdie aanspreekvorme deur sosiale norme en situasie beperk word (1995:77). Situasies waarbinne verskillende taalgebruik sal plaasvind is, byvoorbeeld, binne die akademiese gemeenskap of op sosiale netwerke. Carstens beweer dat die feit dat die gebruik van taal gebonde is aan sekere situasies, toon op die sosiale aard van taalgebruik, en dat dit daarom belangrik is om taal binne ʼn sosiolinguistiese verband te beskou (1991:7) Ten gevolge daarvan, kan dit afgelei word dat taalgebruik ʼn weerspieëling van ʼn persoon se identiteit is, en dat daar spesifieke taalnorme-en konvensies in sekere sosiale situasies is waarop gefokus en toegepas moet word. Hierdie afleiding sal evalueer word aan die hand van twee geskrewe voorbeelde wat vanuit ʼn formele en informele omgewing geneem: naamlik, ʼn e-pos van ʼn professor aan studente, en kommentaar op ʼn inskrywing wat op die sosiale netwerk, Facebook, gemaak is. Ten einde van die evaluasie sal taalgebruik as ʼn weerspieëling van identiteit duidelik wees, asook die norme van akademiese en sosiale taalgebruik, en laastens, waarom die toepassing van daardie norme belangrik is vir suksesvolle kommunikasie. Om die norme van taalgebruik beter te verstaan, kan daar gebruik gemaak word van

More about Taalnorme En Die Toepassing Daarvan;; N Bespreking

Open Document