Fasicstiese Pampoen Essay

1238 Words5 Pages
“fasicstiese pampoen” Breyten Breytenbach 1.Inleiding: In die analiese en interpretasie van die gedig “fascistiese pampoen” geskryf deur Breyten Breytenbach gaan ek die tema van die pampoen beklemtoon en hoe Breytenbach dit ‘n baie persoonlike gedig maak. Breytenbach het goed daarin geslaag om in hierdie kortverhaal sy lewe ook te kan beklemtoon. Die tweede tema wat ook uitstaan is die sprokie, wat in die kortverhaal surrealisties en soms snaaks ook vertoon kan word, maar onrealisties en bonatuurlik in werklikheid is. Dit plaas lesers ook in die situasie waar hulle moet dieper dink aan die betekenis wat die pampoen in hierdie verhaal het en wat alles daarmee geinterpreteer kan word. 2.Agtergrond: Die kortverhaal “fascistiese pampoen” kom uit die bundel “Katastrofes” (1964). Hierdie prosa was in die tydperk van die Ysterkoei geskryf en was partymaal snaaks, soms surrealisties en in die minderheid van die tye was dit ook verstaanbaar. Die prosa gedeelte was uit die Ysterkoei-blues se bundel uitgehaal en gee ‘n aanduiding dat Breytenbach sy gedig gesien het as ‘n vorm van poësie. Breytenbach se lewe het ‘n groot politieke invloed gehad. Hy het sy gedigte en kortverhale gebruik om die politieke stelsel aan te val, omdat die goverment hom gesien het as iemand wat ons land se wette oortree het aangesien hy met ‘n vrou getrou het in Europa wat nie geklasifiseer kon word as wit nie. Breytenbach toon sy woede in sy werk, maar sodoende het baie skrywers in die apartheids era gevoel die enigste manier wat hulle gehoor sal word was deur hulle skryfstukke. Breytenbach was gehoor deur die “fascistiese pampoen” en dit het ‘n groot Breytenmotief geword dat elke jaar op sy verjaarsdag sy vriende pampoen dag vier. 3.Beskrywing: Hierdie kortverhaal laat ‘n mens dink. Die “fascistiese pampoen” van Breyten Breytenbach is baie onrealisties van aard geskryf, maar die hele verhaal

More about Fasicstiese Pampoen Essay

Open Document